25 FEBRUARIE 2016
WÊRELDNUUS
Jehovah se Getuies nooi mense regoor die wêreld na die jaarlikse Herdenking van Christus se dood
NEW YORK—Op Saterdag 27 Februarie sal Jehovah se Getuies begin met ’n wêreldwye kampanje om mense te nooi na ’n geleentheid wat die Getuies as die belangrikste geleentheid van die jaar beskou, die Herdenking van Christus se dood, wat op 23 Maart gehou sal word. David A. Semonian, woordvoerder van Jehovah se Getuies by hulle wêreldhoofkwartier in New York, sê: “Die herdenking sal ’n toespraak insluit wat verduidelik hoe ons vandag kan baat vind by Jesus se dood en hoe dit ons hoop gee vir die toekoms, al het dit byna twee duisend jaar gelede plaasgevind. Ons wil hê dat soveel mense as moontlik moet baat vind by die geestelike leiding wat hierdie geleentheid sal bied.”
Gedurende die kampanje sal ongeveer agt miljoen Getuies regoor die wêreld mense besoek en hulle nooi om hierdie geleentheid by te woon. Verlede jaar het byna 20 miljoen mense die Gedenkmaal bygewoon.
Mediaverteenwoordiger:
David A. Semonian, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000
Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000