Spring na inhoud

27 SEPTEMBER 2013
WÊRELDNUUS

Veranderinge op JW.ORG

Veranderinge op JW.ORG

Vroeg in Oktober 2013 sal die gedeeltes Nuus en Omtrent ons op ons webwerf verander. Nuus sal Nuuskantoor genoem word. Die inligting in hierdie gedeelte sal gepubliseer word met die professionele nuusmedia en die regsgemeenskap in gedagte. Baie van die berigte wat in die gedeelte Nuus verskyn het, sal in die gedeelte Omtrent ons onder die nuwe skakel Bedrywighede gevind kan word. Items in hierdie gedeelte sal byval vind by diegene wat in die werk van Jehovah se Getuies belangstel. Die berigte en video’s sal onder die volgende opskrifte gegroepeer word: Ons openbare bediening, Ons werk as uitgewers, Spesiale geleenthede, Die lewe by Bethel, Bouprojekte, Hulp aan die gemeenskap en Lewens gerig deur Bybelbeginsels.