Spring na inhoud

1 AUGUSTUS 2014
WÊRELDNUUS

Getuies se kampanje om die wêreld se mees vertaalde webwerf te adverteer—JW.ORG

Getuies se kampanje om die wêreld se mees vertaalde webwerf te adverteer—JW.ORG

NEW YORK—Op 1 Augustus 2014 het Jehovah se Getuies begin met ’n maand lange kampanje om ’n nuwe traktaat met die titel Waar kan ons antwoorde op die belangrikste vrae in die lewe vind? wêreldwyd te versprei om mense bewus te maak van hulle amptelike webwerf, jw.org. Hierdie webwerf, wat in ongeveer 500 tale beskikbaar is en waarvan publikasies in byna 700 tale afgelaai kan word, is die wêreld se mees vertaalde webwerf.

Meer as eenmiljoen verskillende individue besoek jw.org elke dag. Die webwerf bevat artikels en video’s met praktiese raad vir mense van alle ouderdomme, agtergronde en omstandighede. Die QR-kode vir een van hierdie video’s, Waarom moet jy die Bybel studeer?, kan op die nuwe traktaat gevind word. Hierdie video kombineer tonele uit die werklike lewe met animasie om die praktiese voordele van ’n studie van die Bybel toe te lig. Dit is tans beskikbaar in meer as 450 tale en is al byna 4 miljoen keer afgelaai sedert dit op 18 November 2013 vrygestel is.

J.R. Brown, ’n woordvoerder vir Jehovah se Getuies by hulle wêreldhoofkwartier in Brooklyn, New York, verduidelik: “Ons is opgewonde oor hierdie kampanje. Daar is sowat agtmiljoen Getuies van Jehovah regoor die wêreld, en ons almal sal met mense oor hierdie webwerf praat. Dit sal moontlik die omvattendste kampanje wees wat ons nog ooit georganiseer het.”

Geoffrey Jackson, ’n lid van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies, sê: “Sedert jw.org twee jaar gelede herontwerp is, het mense regoor die wêreld gevind dat dit ’n uiters waardevolle hulpmiddel is. Op hierdie webwerf kan jy kyk na video’s wat jou kinders kan help, artikels wat jou gesin kan help en selfs die Bybel aanlyn lees. Ons wil hê dat soveel mense moontlik by jw.org moet baat vind, en daarom het ons hierdie spesiale kampanje georganiseer.”

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000