Spring na inhoud

Broers en susters wat op die oomblik in die tronk is in Rusland en die Krim

3 JANUARIE 2022
WÊRELDNUUS

’n Hele paar nasies reik ’n gesamentlike verklaring uit waarin hulle vra dat die vervolging van Jehovah se Getuies beëindig moet word

’n Hele paar nasies reik ’n gesamentlike verklaring uit waarin hulle vra dat die vervolging van Jehovah se Getuies beëindig moet word

Op 17 Desember 2021 het ’n hele paar nasies wat lede is van die IRFBA a (’n internasionale alliansie vir vryheid van godsdiens of geloof) ’n gesamentlike verklaring uitgereik ter ondersteuning van Jehovah se Getuies wat weens hulle geloof vervolg word. In die dokument het hulle gevra dat alle Getuies wat in die tronk is, vrygelaat moet word en dat alle marteling en fisiese mishandeling, huis-invalle en diskriminasie gestop moet word.

Regoor die wêreld is daar 150 Getuies van Jehovah wat in die tronk is weens hulle geloof – in plekke soos die Krim, Eritrea, Rusland, Singapoer en Tadjikistan. Die ledenasies van die IRFBA het gesê dat hulle “erg bekommerd” is oor hierdie “toename in die onderdrukking van Jehovah se Getuies” en het bevestig dat hulle die reg het om hulle geloof te beoefen “sonder vrees, teistering, diskriminasie of vervolging”.

Ons is dankbaar dat daar regverdige regerings is wat ons reg tot aanbidding verdedig. Aan die einde van die dag weet ons dat Jehovah sal aanhou om ons broers en susters wat vervolg word en ten volle op hom vertrou, te beskerm en dat hy hulle “blywende vrede [sal] gee”. – Jesaja 26:3.

a Die alliansie is ’n netwerk van lande vir wie dit baie belangrik is om te help om vryheid van godsdiens of geloof regoor die wêreld te bevorder.