Spring na inhoud

Van links na regs: Die eerste uitgawe van The Golden Age (1919), die eerste uitgawe van Consolation (1937), die eerste uitgawe van die Ontwaak! (1946) en ’n elektroniese kopie van die Ontwaak!, nr. 2 2019.

1 OKTOBER 2019
WÊRELDNUUS

’n Honderd jaar van die Ontwaak!

’n Honderd jaar van die Ontwaak!

Op 1 Oktober 2019 bestaan die tydskrif die Ontwaak! al 100 jaar lank. Daar word meer as 280 miljoen eksemplare elke jaar in 211 tale uitgegee. Dit is ook een van die mees vertaalde en wyds verspreide tydskrifte in die wêreld, behalwe vir Die Wagtoring.

Broer Samuel Herd, ’n lid van die Bestuursliggaam, sê: “Die Ontwaak! het al baie mense gehelp om in die Bybel belang te stel omdat dit so baie verskillende onderwerpe bespreek. Al het die formaat en hoe die tydskrif lyk oor die jare verander, was dit nog altyd ’n effektiewe hulpmiddel in ons predikingswerk. Die feit dat die Ontwaak! al 100 jaar lank uitgegee word, is uitsonderlik. Dit is ’n bewys dat God ons deur middel van sy heilige gees help.

Jehovah se Getuies het die publikasie The Golden Age – die tydskrif se eerste titel – vrygestel gedurende ’n belangrike streekbyeenkoms in Cedar Point, Ohio, VSA, in September 1919. In 1937 het die naam van die tydskrif na Consolation verander om te wys dat mense ’n behoefte het om vertroos te word. Uiteindelik, in 1946, is die naam van die tydskrif na Ontwaak! verander. Dit het beklemtoon dat lesers bewus moet wees van wat die Bybel sê oor wat in die wêreld gebeur.

Op 11 Augustus 1946 hou mense by die openbare streekbyeenkoms van Jehovah se Getuies in Cleveland, Ohio, hulle kopie van die nuut vrygestelde Ontwaak!-tydskrif in die lug

Ons is baie bly dat ons hierdie mylpaal bereik het en hou aan om die Ontwaak! in ons Bybelonderrigtingswerk te gebruik “om deeglik van die goeie nuus . . . te getuig”. – Handelinge 20:24.