Spring na inhoud

8 JULIE 2013
WÊRELDNUUS

Oorstromings in Sentraal-Europa

Oorstromings in Sentraal-Europa

Vroeg in Junie het swaar reën in Sentraal-Europa oorstromings in Duitsland, Hongarye, Oostenryk, Slowakye, Switserland en die Tsjeggiese Republiek veroorsaak. Ten minste 20 mense het gesterf, en nagenoeg 100 000 mense in die hele gebied moes uit hulle huise ontruim word. Volgens onlangse verslae is geen Getuies in hierdie ramp dood of ernstig beseer nie. Maar ten minste 100 Getuies in Duitsland en sowat tien gesinne in die Tsjeggiese Republiek moes uit hulle huise ontruim word. Hierdie Getuies is deur hulle familie of plaaslike Getuies ingeneem. ’n Koninkryksaal in Duitsland en een in Oostenryk is vernietig. Getuie- ouer manne in die gebied het noodleniging gereël deur materiële sowel as geestelike hulp aan slagoffers te verleen.

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Duitsland: Wolfram Slupina, tel. +49 6483 41 3110

Slowakye: Rastislav Eliaš, tel. +421 2 49107611

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000