Spring na inhoud

28 MAART 2018
WÊRELDNUUS

Jehovah se Getuies se wêreldwye eenheid is duidelik gedurende kampanje om briewe aan Rusland te skryf

Jehovah se Getuies se wêreldwye eenheid is duidelik gedurende kampanje om briewe aan Rusland te skryf

Op Dinsdag 21 Maart 2017 het die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies broers en susters wêreldwyd genooi om briewe van protes te skryf aan die owerhede op die hoogste vlak in die Russiese Federasie. Die Federasie het gedreig om ons bedrywighede regoor die land te verban. Hoewel ons nie weet presies hoeveel briewe die Russiese owerhede bereik het nie, het ’n hele paar mense wat geskryf het, formele briewe van ontvangs gekry. Die Russiese regering het gekies om nie na die respekvolle versoeke te luister nie en het hulle mag misbruik om die aanbidding van ons broers aan te val. Maar ten spyte hiervan was hierdie kampanje nog steeds ’n ongelooflike bewys van die wêreldwye eenheid van Jehovah se organisasie. Dit het ook duidelik aan ons mede-aanbidders in Rusland bewys dat die hele assosiasie van broers reg is om hulle te ondersteun. — 1 Petrus 2:17.

’n Jong meisie in Bolivia neem deel aan die kampanje.

Baie Getuies het baie moeite gedoen om aan die kampanje deel te neem. In party lande was dit baie duur om briewe na Rusland te stuur. Daarom het diegene wat meer het, ryklik bygedra sodat diegene wat minder het, ook kon deelneem. In ander gevalle het verkondigers hulle briewe na vriende in ander lande gestuur waar dit minder gekos het om dit te pos. Baie broers en susters het as families of gemeentes bymekaargekom om hulle briewe saam te skryf en te pos. Op hierdie manier het die verkondigers nie net minder betaal nie, maar die kampanje was ook ’n geestelike gebeurtenis wat nooit vergeet sal word nie.

Daar is selfs berigte van poskantoorwerkers wat die kampanje ondersteun het. Byvoorbeeld, die bestuurder van ’n posdiens in Barranquilla, Colombia, het gesê: “Ek was verstom as gevolg van die wêreldwye eenheid wat julle geniet en dat julle saamkom vir ’n goeie doel soos hierdie saak in Rusland. Ek glo dat wat hier in Barranquilla gebeur, besig is om in elke stad regoor die wêreld te gebeur. Hierdie boodskap is wêreldwyd belangrik, en ek hoop dat ander ook sal besef hoe belangrik hierdie boodskap is.” In Anseong, Suid-Korea, het ’n posmeester ’n spesiale venster vir Jehovah se Getuies oopgemaak sodat hulle hulle briewe kon stuur. Hy het selfs koeverte wat spesiaal vir internasionale pos ontwerp is, gratis vir die broers gegee.

Mense in die gemeente in Guinee kom bymekaar om briewe te skryf.

Jaroslaf Siwoelski, ’n woordvoerder vir Jehovah se Getuies, verduidelik: “Toe die broers in Rusland hoor dat die Bestuursliggaam ’n wêreldwye kampanje gereël het waar broers en susters briewe namens hulle skryf, het hulle geweet dat dit nie saak maak wat die uitspraak van die hof is nie. Hulle het besef dat hulle nie alleen in die geloof is nie.”

Mark Sanderson van die Bestuursliggaam sê: “Hierdie kampanje om briewe te skryf, wys meer as ooit tevore dat Jehovah se volk verenig is. Terwyl ons nader aan die einde van hierdie stelsel kom, sal ons eenheid baie belangrik wees vir ons oorlewing. Terwyl ons wag om te sien hoe Jehovah dinge in Rusland gaan laat uitwerk, sal ons alles probeer om ons broers te help. Ons sal ook aanhou om Jehovah in eenheid te smeek, vol vertroue dat ons God vir hulle op elke manier sal sorg.” — Psalm 65:2.

 

Oostenryk

Bolivia

Bosnië-Herzegowina

Denemarke

Ecuador

Duitsland

Ghana

Guatemala

Indonesië

Japan

Nepal

Roemenië

Rwanda

Slowakye

Spanje

Sri Lanka

Switserland

Tanzanië

Zambië