Spring na inhoud

Die huidige takkantoor in Harare, Zimbabwe. Kleiner foto: Een van die fasiliteite wat vroeër as ’n takkantoor in Bulawayo gebruik was

3 OKTOBER 2023
ZIMBABWE

Die 75ste herdenking van die takkantoor in Zimbabwe

Die 75ste herdenking van die takkantoor in Zimbabwe

September 2023 is die 75ste herdenking van die takkantoor van Jehovah se Getuies in Zimbabwe. Die takkantoorfasiliteite is op die oomblik in Harare, die hoofstad van Zimbabwe.

Toe Jehovah se Getuies in Zimbabwe begin preek het, was gemeentelike bedrywighede deur die takkantoor in Suid-Afrika georganiseer. In 1932 het die takkantoor in Suid-Afrika vier pioniers op ’n predikingskampanje na Zimbabwe, destyds bekend as Suid-Rhodesië, gestuur. Baie mense het gou die waarheid aanvaar.

Van links na regs: Eric Cooke, Myrtle Taylor, Phyllis Kite, Ruby Bradley en George Bradley

In November 1940 het nasionalisme en groot ondersteuning vir die oorlog veroorsaak dat die invoer en verspreiding van ons publikasies verbied is. Baie broers is tronk toe gestuur omdat hulle in daardie jare neutraal gebly het. Maar al moes ons broers versigtig wees, het hulle aangehou om ander van die goeie nuus te vertel en het hulle goeie resultate gehad. Die verbod is ses jaar later opgehef. Kort daarna het die aantal verkondigers in die land tot 3 500 vermeerder.

Op 1 September 1948 is ’n takkantoor in Bulawayo, Zimbabwe se tweede grootse stad, oopgemaak om die vermeerdering in die aantal verkondigers te ondersteun. Broer Eric Cooke is as die eerste takkneg aangestel. Later is George en Ruby Bradley, Phyllis Kite en Myrtle Taylor – Gileadopgeleide sendelinge – toegewys na die takkantoor in Zimbabwe.

Hardwerkende broers en susters van die Bethelgesin in Zimbabwe. Van links na regs: ’n Broer wat ’n maaltyd vir die Bethelgesin voorberei, ’n vertaalspan vir Zimbabwiese Gebaretaal en ’n suster wat in die tuin werk

Oor die jare het die aantal verkondigers in Zimbabwe aangehou om te vermeerder. As gevolg hiervan was meer takkantoorfasiliteite nodig.

Publikasies in tien van die tale wat in die takgebied in Zimbabwe gepraat word

Die huidige fasiliteit is in Harare gebou en in Desember 1998 toegewy. Die takkantoor hou toesig oor die vertaalwerk wat in sewe tale gedoen word en sien om na die 960 gemeentes in die gebied. Meer as 46 000 broers en susters verkondig die goeie nuus in die land, en 120 702 het die Herdenking van Christus se dood in 2023 bygewoon.

Ons is bly om te sien dat al hoe meer mense Jehovah in Zimbabwe dien. Hierdie groei is ’n bewys dat Jehovah se “oë en [sy] hart” altyd by dié sal wees wat lojaal aan hom is. – 2 Kronieke 7:16.