Spring na inhoud

10 AUGUSTUS 2015
ZIMBABWE

Getuies in Zimbabwe hou “Volg Jesus ná!”-streekbyeenkomste vir 2015 ’n jaar ná geskiedkundige internasionale samekoms

Getuies in Zimbabwe hou “Volg Jesus ná!”-streekbyeenkomste vir 2015 ’n jaar ná geskiedkundige internasionale samekoms

HARARE, Zimbabwe—Jehovah se Getuies in Zimbabwe het op Vrydag 31 Julie met die “Volg Jesus na!”-streekbyeenkomste vir 2015 begin. Hierdie drie dae lange geleenthede is gereël vir meer as 12 opeenvolgende weke tot middel-Oktober.

Geoffrey Jackson, ’n lid van die Bestuursliggaam, hou ’n Bybeltoespraak gedurende die internasionale byeenkoms van 2014 in Zimbabwe. Langs hom is twee plaaslike Getuies wat gelyktydig tolk.

“Almal is baie opgewonde oor hierdie jaar se streekbyeenkoms”, sê John Hunguka, ’n woordvoerder vir Jehovah se Getuies in Zimbabwe, “hoofsaaklik weens die groot sukses van ons internasionale byeenkoms van 2014 in Harare, wat ’n mylpaal in die geskiedenis van Jehovah se Getuies in hierdie land was.” NewsDay, een van die vernaamste koerante in Zimbabwe, het berig dat die internasionale byeenkoms “die grootste godsdiensvergadering” in die geskiedenis van die land was en dat dit Jehovah se Getuies een van “die grootste nuusbronne gemaak het wat die nasie aan die praat gehou het” in 2014.

Meer as 82 000 het die Nasionale Sportstadion in Harare gevul vir die laaste dag van die 2014-geleentheid. In ’n onderhoud ná die byeenkoms het John Jubber, ’n verteenwoordiger van die Getuies se takkantoor in Zimbabwe, gesê: “Ons het 3 500 afgevaardigdes uit Brasilië, Duitsland, Kenia, die Verenigde State en Zambië gehad.”

Vanjaar sal die Getuies in Zimbabwe 39 “Volg Jesus na!”-streekbyeenkomste op etlike plekke hou, onder andere by Zimbabwe se Internasionale Handelskougronde. Die program sal in sy geheel of gedeeltelik in Chinees (Mandaryns), Chitonga (Zimbabwe), Engels, Ndebele (Zimbabwe), Shona, Swahili en Zimbabwiese Gebaretaal aangebied word. Die presiese datums en plekke vir die byeenkomste in Zimbabwe kan op die Getuies se amptelike webwerf, jw.org, gevind word.

Mediakontak(te):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Zimbabwe: John Hunguka, tel. +263 4 2910591

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000