Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 11

Die skepping loof God

Die skepping loof God

(Psalm 19)

  1. 1. Jehovah God, u werke toon u mag.

    Die hemelruim vertel ons van u krag.

    Die skepping loof u sonder stem of spraak,

    so word u heerlikheid bekendgemaak.

    Die skepping loof u sonder stem of spraak,

    so word u heerlikheid bekendgemaak.

  2. 2. As ons u vrees, dan is ons waarlik wys.

    En ons sal doen wat u van ons vereis.

    U wet gee lig aan jonk sowel as oud;

    dit is volmaak en kosbaarder as goud.

    U wet gee lig aan jonk sowel as oud;

    dit is volmaak en kosbaarder as goud.

  3. 3. U is ons God, dit maak ons geest’lik ryk.

    Ons volg u Woord, dit maak ons pad gelyk.

    Die grootste voorreg wat daar ooit kan wees,

    is om u naam te eer en u te vrees.

    Die grootste voorreg wat daar ooit kan wees,

    is om u naam te eer en u te vrees.