Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 19

Die Here se Aandmaal

Die Here se Aandmaal

(Matteus 26:26-​30)

  1. 1. Jehovah, ons hemelse Vader,

    dit is so ’n heilige nag!

    Eeue t’rug op dié aand sien u volk u sterk hand,

    u liefde, reg, wysheid en mag.

    Dis toe dat die Paaslam geslag is,

    en Israel, u volk, is bevry.

    Later lê onse Heer toe sy siel vir ons neer

    dat ons ewige lewe kan kry.

  2. 2. Die brood en die wyn laat ons nadink,

    u gawe aan ons was so groot.

    Want u Seun is gestuur

    as ’n losprys so duur;

    gehoorsaam was hy tot die dood.

    Ons dank u vir hierdie Gedenkmaal,

    wat ons weer laat dink aan ons hoop.

    Ja, u Seun het gesterf

    dat ons lewe kan erf,

    van die sonde is ons vrygekoop.

  3. 3. Vanaand het ons voor u vergader;

    voor u buig ons ned’rig die hoof.

    Ja, ons dank wil ons toon

    voor u hemelse troon,

    en u en u Seun wil ons loof.

    Want ons word met elke Gedenkmaal

    versterk en opnuut opgebou.

    Ons wil u elke dag dien met hart, siel en krag,

    en u guns wil ons altyd behou.